Jurie Roux, die grootbaas van Suid-Afrikaanse rugby, se doppie is geklink.
Ná aansienlike politieke druk deur Nathi Mthethwa, minister van sport, gaan hy voor die einde van die jaar sy kantoor by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) ontruim.
Mthethwa het dit duidelik aan Saru gemaak dat Roux se posisie onhoudbaar geword het weens die ernstige bevindinge wat in ’n arbitrasiesaak teen hom gemaak is, verneem Rapport.