Metrorail het sy treindienste Maandag in Kaapstad opgeskort nadat ’n positiewe koronavirusgeval Sondag in sy streeksentrum vir treinverkeersbeheer en -bestuur aangemeld is.
Die maatskappy sê in ’n verklaring die opskorting van sy dienste is nodig sodat die streeksentrum skoongemaak en ontsmet kan word.
Die treindienste sal na verwagting Dinsdag hervat word.