Die Kaapstad-metro se vakansieoorde is onder vlak 1 van die inperking heropen, terwyl kampeerterreine ook in die komende week weer vir besoekers oop sal wees.
Inwoners en besoekers is egter gewaarsku dat dié geriewe nie teen volle kapasiteit gaan funksioneer nie en minder plek beskikbaar gaan wees.
Kampeerplekke sal teen 12 Maart heropen en besprekings vir die Paasvakansie van 11 Maart af.