Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek nadat ’n driejarige kind die naweek deur ’n pitbull in Zwide, Gqeberha, doodgebyt is.
Simamkele Kovu is Sondag omstreeks 16:20 in Msenganastraat naby haar ouerhuis aangeval waar sy saam met ander kinders gespeel het, sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.
’n Inwoner het die hond verskeie kere gesteek in ’n poging om die kind te red, maar sy is op die toneel dood nadat sy bytwonde aan die gesig en nek opgedoen het.