’n Kaapse vrou wat die afgelope jaar miljoene rande se vleis teen spotgoedkoop pryse verkoop het, word nou daarvan beskuldig dat sy ’n soort piramideskema bedryf het.
Nicky Bezuidenhout se klante sê hulle het gedink sy bring die goedkoop vleis van Calvinia af in, maar toe kom hulle agter sy koop dit teen die gewone markprys by die Food Lover’s Market in Bellville. Hulle beskuldig haar daarvan dat die afslagprys net ’n slenter was om kontant te kry sodat sy haar skuld aan ander klante kon vereffen.
Sy skuld verskeie klante glo derduisende rande vir betaalde bestellings wat nie gelewer is nie.