’n Kleuter van Polokwane is ’n “lopende wonderwerk” nadat sy op Oujaarsdag byna op ’n afgeleë plaas buite Musina verdrink het, maar minder as twee dae later ongedeerd uit die hospitaal ontslaan is.
Carmen Blignaut (2) was bewusteloos toe haar ouers, Lize en Tien Blignaut, haar Donderdag net ná 15:00 in die swembad gekry het op die plaas waar hulle vroeër die dag aangekom het.
“Dit maak nie saak wat in die lewe teen ’n mens is nie, as die Here vir jou is, gebeur wonderwerke,” het Lize aan Netwerk24 gesê.