Die nasionale departement van water en sanitasie het sy kommer uitgespreek oor die dreigende tekort aan vloeibare chloorgas wat moontlik waterlewering kan beïnvloed.
Dié chloor word deur waterdiensowerhede, metro’s en waterrade vir watersuiweringsdoeleindes gebruik.
Sonder om oor die besonderhede uit te wei het die departement in ’n verklaring gesê hy is bewus van ’n onlangse voorval by die chloorverskaffer in Kempton Park, Gauteng, wat moontlik chloortekorte kan meebring.