Die familie van die ontvoerde Riana Pretorius het blykbaar ’n losprys van R1,1 miljoen vir haar vrylating betaal nadat sy deur vermeende lede van die konstruksiemafia in die Baai ontvoer is.
Die 26-jarige Riana, ’n biokinetikus en ’n mededirekteur van Geotech Solutions Africa, die konstruksiemaatskappy van haar pa, Pieter, is sowat twee weke gelede voor haar werkplek ontvoer.
Bronne na aan die Pretorius-familie en mense wat in die boubedryf werk, sê gerugte op sosiale media dat Riana se kêrel iets met haar ontvoering te doen gehad het, is bog.