’n Kranslegging is Dinsdag gehou vir twee jong mans van Oudtshoorn wat dood is toe hulle in ’n boom vasgery het.
Marshilino May (31) en Ashley Meyer (32) is op Woensdag 2 Februarie op slag dood in die ongeluk wat omstreeks 15:45 op die N12 tussen De Rust en Dysselsdorp gebeur het.
Meyer het bestuur en het beheer oor die motor verloor, waarna hulle die boom getref het. Hulle was glo die enigste insittendes in die Volkswagen Polo. 'n Saak van strafbare manslag is geopen.