Bedingingsrade in die staatsdiens het die jongste slagoffers van kuberaanvalle geword en drie van hulle moes alle dispuutbeslegtingsprosesse vir Maart opskort.
Kollektiewe bedingingsprosesse sal egter soos normaal voortgaan.
Thulas Nxesi, waarnemende minister van staatsdiens en administrasie, het Vrydag dié kuberaanval ten sterkste veroordeel.