Boere by Augrabies langs die Oranjerivier het Dinsdag steeds gespartel om vloedwater wat deur die grond in die wingerde syfer terug in die rivier te pomp om sodoende te keer dat die dorp oorstroom en paaie gesluit word.
By Witklip, sowat 3 km voor die Augrabieswaterval, het die Oranjerivier al oor ’n brug begin spoel.