Franco Mostert en Marcell Coetzee wat ’n Bob Dylan-nommer op kitaar speel en kaptein Siya Kolisi en Eben Etzebeth wat heeltemal tevrede is om baba-oppassers te speel.
Video’s wat Mostert se vrou, Juanri, op Instagram geplaas het van die Springbokke wat Etzebeth se 100ste toets teen Wallis in ’n kuierplek in Kaapstad vier, wys hoe die span en die vroue in hul lewe soos een groot familie saamkuier.