“Jy beter jou dié naweek potblou verf. Dis ’n feit, die Griekwas gaan die koppie vat,” kondig Craig Ferris, ’n geswore Poublou-ondersteuner, breëbors buite die kaartjiekantoor van die Windhoek Draught Park-stadion in Kimberley aan.
Die kaartjieverkope vir die eindstryd van Saterdag tussen die Griekwas en Pumas het Dinsdag om 09:00 geopen en die kaartjies vir die hoofpaviljoen was binne ’n uur uitverkoop.