Die Universiteit Stellenbosch “sal enige aanbevelings oorweeg” wat deur die Menseregtekommissie (MRK) gemaak is oor taal by die instelling.
So sê prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier, in Afrikaans en Engels in ’n video wat Vrydagoggend aan alle studente gestuur is.
“Ons gaan deur die gedetailleerde verslag van die kommissie en sal enige aanbevelings oorweeg wat ons reis na inklusiewe uitnemendheid sal versterk,” het De Villiers gesê.