“Sak op jou knieë!”
Toe Feroza Moolla (55) van Lenasia in September dié woorde oor die radio hoor, het dit haar oombliklik teruggevoer na haar grootste nagmerrie: die dag twee dekades gelede toe sy in haar broer se selfoonwinkel in Boksburg deur gewapende rowers oorval is.