KYK | Die nuusweek in foto's: 17-23 Junie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Somerset-Wes-huis van Hendrik Gerryts,  uitvoerende hoof van HGG Finansiële Groep, is Vrydag op 'n likwidasieveiling vir R11,3 miljoen (uitsluitend BTW en afslaerstariewe) verkoop. Gerryts het in Maart 2022 in Hermanus sy eie lewe geneem. Hy het na bewering sowat R500 miljoen deur sy verskeie sake-entiteite geswendel. Beleggers uit verskeie oorde het geld verloor en hofsake is tans aan die gang om van die geld te probeer verhaal.  Foto: Jaco Marais
Die Somerset-Wes-huis van Hendrik Gerryts, uitvoerende hoof van HGG Finansiële Groep, is Vrydag op 'n likwidasieveiling vir R11,3 miljoen (uitsluitend BTW en afslaerstariewe) verkoop. Gerryts het in Maart 2022 in Hermanus sy eie lewe geneem. Hy het na bewering sowat R500 miljoen deur sy verskeie sake-entiteite geswendel. Beleggers uit verskeie oorde het geld verloor en hofsake is tans aan die gang om van die geld te probeer verhaal. Foto: Jaco Marais

Blaai saam deur die nuusweek van Netwerk24 se fotograwe.

staatskaping
Pres. Cyril Ramaphosa ontvang Woensdagaand in Pretoria die laaste deel van die Zondo-verslag oor staatskaping. Hoofregter Raymond Zondo het onder meer bevind dat Ramaphosa hom teen staatskaping moes uitgespreek het toe hy as adjunkpresident onder Jacob Zuma gedien het. Ramaphosa sal oor vier maande 'n voorlegging aan die parlement doen oor die toepassing van die kommissie se aanbevelings. Foto: Deaan Vivier
Brakpan
Marno Muller (5) en sy ma, Helga (39), by hul woonstel in Brakpan. Helga het die land bedank vir gebede vir haar rooikopseuntjie, wie se herstel volgens haar deur dokters as 'n wonderwerk bestempel is. Marno het byna doodgewurg by sy kleuterskool toe die toutjies van sy kappiebaadjie aan die bopunt van die glyplank vasgehak het. Foto: Deaan Vivier
Brakpan
Marno Muller (5) speel Donderdag saam met sy boetie Zaydin (7) in hul woonstel in Brakpan. Marno is Woensdag ná 27 dae uit die hospitaal ontslaan waar hy vir 16 dae onder verdowing gehou is. Hy het by die dood omgedraai toe hy gewurg het nadat sy kappiebaadjie se toutjies aan die bo-punt van 'n glyplank by sy kleuterskool vasgehaak het. Foto: Deaan Vivier
HGG
Die Somerset-Wes-huis van Hendrik Gerryts, uitvoerende hoof van HGG Finansiële Groep, is Vrydag op 'n likwidasieveiling vir R11,3 miljoen (uitsluitend BTW en afslaerstariewe) verkoop. Gerryts het in Maart 2022 in Hermanus sy eie lewe geneem. Hy het na bewering sowat R500 miljoen deur sy verskeie sake-entiteite geswendel. Beleggers uit verskeie oorde het geld verloor en hofsake is tans aan die gang om van die geld te probeer verhaal. Foto: Jaco Marais
HGG
'n Beeldhouwerk in 'n private deel van die tuin. Dit is een van talle kunswerke in en om die huis in Somerset-Wes. Foto: Jaco Swart
HHG
Een van die vyf slaapkamers in die Gerryts-huis in Somerset-Wes. Foto: Jaco Marais
HHG
Die eetkamer het genoeg plek vir 'n tafel waar 18 mense in gemak kan aansit. Glaskandelare is ooral in die huis te sien, selfs in die kombuis agter op die foto. Foto: Jaco Marais
Soektog
Die soektog na Khayelethu Magadla (6) van Soweto is Vrydag met behulp van dié bootjie, wat onder meer met 'n kamera toegerus is, voortgesit. Die seuntjie het vyf dae tevore in ’n oop mangat geval toe hy saam met maats in ’n speelpark naby sy ouerhuis in Dlamini gespeel het. Die gemeenskap het die oop mangat verskeie kere by die Johannesburg-metro aangemeld, maar dit is eers toegemaak nadat Khayelethu daarin geval en verdwyn het. Hy is teen Donderdagaand nog nie opgespoor nie. Foto: Melinda Stuurman
rugby
'n Storm(er)-see van toeskouers juig toe hul span Saterdag in Kaapstad koning kraai in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Stormers het met 18-13 oor die Bulle geseëvier. Foto: Jaco Marais
rugby
Die seëvierende Stormers-span met die Verenigde Rugbykampioenskap-trofee wat hulle Saterdag in Kaapstad verower het toe hulle die Bulle 18 -13 geklop het. Foto: Jaco Marais
rugby
Daniel Kasende van die Cheetahs probeer Giovan Snyman van die Pumas systap in Saterdag se Curriebeker-halfeindstryd in Bloemfontein. Die Pumas het met sy oorwinning van 38-35 deurgedring tot die eindstryd, wat Saterdag teen Griekwas in Kimberley gespeel word. Foto: Mlungisi Louw
Opera
Kaapstad Opera het Saterdag sy eerste vertoning van Mozart se gewilde meesterstuk 'Le nozze di Figaro' aangebied. Dit word geborg deur die Kaapstad-metro en word tot 26 Junie opgevoer. Van 6 tot 15 Julie word dit ook in Johannesburg opgevoer in die Roodepoort-teater. Die geselskap sluit in van links: Siphesihle Mdena as Basilio, William Berger as graaf Almaviva, Monica Mhangwana as Marcellina, Siphamandla Moyake as gravin Almaviva. Agter is Brittany Smith as Susanna langs Conroy Scott as Figaro. Foto: Jaco Marais
Prof Davids
Prof. Sean Davison, aktivis vir genadedood, stap Maandag as 'n vry man uit die hooggeregshof in Kaapstad nadat hy drie jaar huisarres uitgedien het vir die dood van drie mense. Benewens die huisarres is hy ingevolge 'n pleitooreenkoms tot agt jaar tronkstraf gevonnis, wat in geheel opgeskort is. Foto: Jaco Marais
Dieretuin
‘n Dapper eekhoring in die olifantkamp van die Johannesburgse Dieretuin. Twee omgewingsorganisasies, Animal Law Reform South Africa en die EMS-stigting, asook Stephen Fritz, die hoofman van die Khoi, het Maandag by die hooggeregshof in Pretoria aansoek gedoen om ’n hofbevel dat die dieretuin se drie olifante, Lammie, Mopane en Ramadiba, in die natuur vrygelaat word. Die dieretuin wil die aansoek teenstaan. Foto: Melinda Stuurman
kinderteater
Kaptein Hook (Marcel Meyer) en Seerower Smee (Carmen Maarman, links) poseer Dinsdag vir reklamefoto's van die kinderteaterproduksie 'Peter Pan'. Dit word van 25 Junie tot 17 Julie by die Canal Walk-winkelsentrum in Kaapstad opgevoer. Foto: Jaco Marais
polisie
'n Groep betogers van die polisievakbond Popcru, het Woensdag buite die polisie se hoofkantoor in Pretoria betoog. Hulle eis onder meer beter behuising vir polisie-rekrute. Foto: Deaan Vivier
Matie
Theuns du Toit en sy ouers kom Woensdagoggend by die kampus van die Universiteit Stellenbosch aan vir sy tugverhoor. Du Toit, 'n voormalige inwoner van Huis Marais, word daarvan beskuldig dat hy op Babalo Ndwayana, 'n medestudent, se besittings geürineer het. Foto: Jaco Marais
Matie
Babalo Ndwayana (met die mussie op) luister Woensdag na Nomonde Gxilishe, sy regsverteenwoordiger, buite die tugverhoor van Theuns du Toit by die Universiteit Stellenbosch. Ndwayana het hom onttrek aan die verhoor waarvan die uitspraak Donderdag voorbehou is. Foto: Jaco Marais
maskers
Die gr. 1-leerlinge Elizmari Dietrechsen (6) en Juvan Vorster (7) kan vir die eerste keer die glimlag van juf. Calinka Kotzé sien. Sy is ’n onderwyseres aan die Laerskool Louw Geldenhuys in Linden en die kleingoed is in hul noppies dat die verpligte dra van maskers teen Covid-19 opgeskort is. Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het Woensdagaand in ’n kort kennisgewing in die Staatskoerant die regulasies oor maskers, die beperkings op die getal mense by saamtrekke en die inentingsvereistes vir buitelandse besoekers opgehef. Foto: Melinda Stuurman

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.79
-1.0%
Rand - Pond
20.26
-0.0%
Rand - Euro
17.08
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.0%
Goud
1,775.15
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
2,130.50
0.0%
Platinum
937.50
0.0%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,114
+1.3%
Alle aandele
69,519
+1.2%
Hulpbronne 10
64,042
+2.5%
Industriële 25
84,928
+0.3%
Finansiële 15
15,675
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos