KYK | Die nuusweek in foto's: 4 – 10 Junie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die DHL-dansers vermaak die skare in die Kaapstad-stadion tydens Saterdagaand se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd tussen die Stormers en Edinburgh. Die Stormers het met 28-17 koning gekraai. Hulle kom Sondag weer in Kaapstad teen Ulster te staan.  Foto: Jaco Marais
Die DHL-dansers vermaak die skare in die Kaapstad-stadion tydens Saterdagaand se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd tussen die Stormers en Edinburgh. Die Stormers het met 28-17 koning gekraai. Hulle kom Sondag weer in Kaapstad teen Ulster te staan. Foto: Jaco Marais

Blaai saam deur die nuusweek van Netwerk24 se fotograwe.

Leerlinge van die Laerskool Lynnwood in Pretoria kompeteer Vrydag in die sakresies tydens die skool se pret- en kaskardag. Foto: Deaan Vivier
 Gqeberha
'n Polisiebeampte doen opruiming op die R75 naby Chetty in Gqeberha nadat ontstoke inwoners Dinsdag die pad met brandende buitebande versper het. Inwoners het betoog vir toegang tot water en elektrisiteit. Foto: Lulama Zenzile
Cornelle Leach
Cornelle Leach (23) van Potchefstroom mik daarna om 'n medalje los te swem op die Para-Wêreldswemkampioenskap wat Sondag in Portugal begin. Leach is swaksiende. Die meestergraadstudent aan die Noordwes-Unversiteit het 'n maand voor haar vertrek Covid-19 opgedoen, maar intussen heeltemal herstel. Foto: Deaan Vivier
Parlement
Pres. Cyril Ramaphosa wag Donderdag om met sy begrotingsrede te begin nadat oproerige EFF-LP's hom verskeie kere onderbreek het. Dié party meen Ramaphosa moet opsy staan totdat 'n ondersoek na die diefstal van miljoene dollars op sy plaas Phala Phala afgehandel is. Foto: Jaco Marais
'n EFF-LP verset haar teen parlementêre personeel wat haar op versoek van die speaker uit die Nasionale Vergadering verwyder het. Foto: Jaco Marais
  Stormers
Die DHL-dansers vermaak die skare in die Kaapstad-stadion tydens Saterdagaand se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd tussen die Stormers en Edinburgh. Die Stormers het met 28-17 koning gekraai. Hulle kom Sondag weer in Kaapstad teen Ulster te staan. Foto: Jaco Marais
Rassie Erasmus
Rassie Erasmus, direkteur van rugby by Saru, en Elton Jantjies groet mekaar Woensdag tydens die Springbokke se oefening by Loftus Versfeld in Pretoria. Jantjies moet op 17 Junie weer in die landdroshof in Kempton Park verskyn. Hy word aangekla van opsetlike saakbeskadiging en die oortreding van sekere bepalings van die Wet op Burgerlugvaart ná 'n voorval op 'n internasionale vlug. Foto: Deaan Vivier
Langa
'n Katjie loop Donderdag op 'n spoorlyn in Langa waar die minister van vervoer, Fikile Mbalula, met inwoners vergader het oor planne om mense wat huise op die spoorlyn gebou het te verwyder om die sentrale spoorlyn teen die einde van 2022 weer oop te maak. Foto: Jaco Marais
Fikile Mbalula
Die spoorlyn loop dood teen dié huisie in Langa. Grond is reeds bekom om inwoners van die informele nedersetting Siyahlala uit die pad van die treinspoor te verskuif. Foto: Jaco Marais
Fikile Mbalula
Inwoners van Siyahlala het hul huisies direk langs die spoorlyn opgerig. Die hooggeregshof in Kaapstad het verlede jaar al 'n bevel uitgereik dat mense geskuif moet word na grond waar basiese dienste verskaf kan word. Foto: Jaco Marais
Mbalula
Dié piepklein winkeltjie, Mabobs Takeaway, langs die spoorlyn verkoop 'n "full house"-vetkoekburger met kaas, tamatie, blaarslaai en komkommer teen R15.
River Club
Met Duiwelspiek op die agtergrond staan hyskrane soos reuse voëls en waghou oor die bouterrein van die River Club in Observatory, Kaapstad. Die ontwikkelaars het 'n appèlaansoek by die appèlhof in Bloemfontein ingedien teen 'n interdik dat bouwerk aan die ontwikkeling van R4,6 miljard voorlopig gestaak word. Die interdik is deur die Observatory-gemeenskapsforum en die Khoi-Khoin-inheemse tradisionele raad aangevra. Die raad voer aan dat die bouterrein op heilige Khoi-grond staan. Bouwerk het in Julie verlede jaar begin en sou glo ook die Afrika-kantoor vir die Amerikaanse maatskappy Amazon insluit. Sedert 18 Maart staan bouwerk doodstil. Foto: Jaco Marais
Magashule
Ace Magashule, voormalige Vrystaatse premier en geskorste ANC-sekretaris-generaal, stap Vrydag na die hooggeregshof in Bloemfontein saam met van sy vriende en medebeskuldigdes. Hul verhoor in die bedrieglike asbesdak-ouditsaak van R225 miljoen is deur regter Corné van Zyl tot 23 September uitgestel. Van links is Chris Ackeer, sakeman, Sam Mashinini,'n voormalige LUR, Magashule en Carl Niehaus, oud-segsman van die Umkhonto we Sizwe se militêre-veterane-vereniging. Foto: Mlungisi Louw
 Weer
Die sonsondergang weerkaats teen die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum by die Vasco da Gama-sirkel in die stad. Die weerdiens het 'n waarskuwing uitgereik oor verskeie kouefronte wat vir Sondag tot Dinsdag voorspel word. Ontwrigtende reën, sterk wind en deinings van tot 4,5 m word voorspel. Foto: Jaco Marais

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.26
-0.0%
Rand - Pond
19.72
+0.5%
Rand - Euro
16.73
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,789.05
-0.0%
Silwer
20.32
+0.1%
Palladium
2,270.50
-0.9%
Platinum
953.50
-0.8%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
64,200
-0.6%
Alle aandele
70,925
-0.5%
Hulpbronne 10
64,321
-2.3%
Industriële 25
86,769
-0.3%
Finansiële 15
16,115
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos