Met vyf Wêreldbeker-toernooie, 244 wedstryde, sewe afrigters, 21 kapteine, ses eeuwedstryde en die verwelkoming van 248 Springbokke agter die rug, was Annelee Murray die afgelope 20 jaar die Springbokke se troefkaart.
Die Suid-Afrikaanse rugbyspan se hoof van publisiteit en administrasie het in die jaar 2000 die eerste vroulike lid van die bestuur geword. Uiteindelik het sy ’n moederfiguur geword vir baie van die hardebaarde.