’n Vragmotorbestuurder het Vrydag, pas nadat hy buite Heilbron in ’n ongeluk betrokke was, ’n video gemaak waarin ’n mens kan sien hoe verkeersbeamptes van die Vrystaat saam met ’n nooddienswerker drank op ’n bakkie laai.
Dié video, wat op die R57 tussen Heilbron en Sasolburg geneem is, is sedert Saterdag wyd op sosiale media versprei.