As daar in die vroeë oggendure van 11 September water in die krane van die Vrystaatse dorpie Ventersburg was, het Stienie Reynders vandag steeds ’n huis op die dorp gehad, en is Rolanda Holtzhausen se dogtertjies nie elke nag deur nagmerries geteister nie.
Maar as is verbrande hout – nes die dakbalke en die dennehoutvloere in die huis wat Reynders tot daardie dag aan Holtzhausen en haar vriend verhuur het.