Dele van die provinsiale hospitaal in Polokwane in Limpopo was tot Donderdagmiddag gesluit nadat dit Woensdagaand gedurende ’n hewige donderstorm oorstroom het.
Geen X-strale kon tot laat Donderdagmiddag in die hospitaal, een van die grootstes in die provinsie, geneem word nie, sê Thilivhali Muavha, woordvoerder van dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid.