’n Grootwithaai is Dinsdag kort ná ’n noodlottige haaiaanval in Plettenbergbaai naby die Sanctuary-strand duskant Robberg op video opgeneem.
Die oorledene is Dinsdagaand op Facebook as Bruce Wolov geïdentifiseer toe ’n familielid sy dood in die haaiaanval bekend gemaak het. Sy ouderdom is nog onbekend.
Wolov was volgens inligting op LinkedIn ’n portefeuljebestuurder by PSG in Saxonwold, Johannesburg.