Slegs een persoon is lig beseer toe drie vragmotors en tien ander voertuie Vrydagoggend in ’n ongeluk op die N1 naby die Plattekloof-afrit in Kaapstad betrokke was.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê daar was gelukkig geen sterftes nie. Die beseerde is op die toneel behandel en toe na ’n hospitaal geneem.