’n Dokumentêre reeks oor die Rapport Top-30 word in Desember op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.
’n Paneel kenners het ter herdenking van die 30ste jaar sedert Suid-Afrika se hertoetrede tot internasionale rugby ’n ranglys saamgestel van die beste Springbokke van die afgelope drie dekades.