’n Man het onstuimige seetoestande in Ballito aangedurf en aan rotse vasgeklou in ’n poging om van wetstoepassers by ’n padblokkade te vlug.
Nooddiensbeamptes van Medi Response is Vrydagaand na Clarke-baai in Ballito, KwaZulu-Natal, ontbied oor ’n man wat in die see in die moeilikheid was.
“Met die aankoms van ons beamptes het ons egter uitgevind die man is tydens ’n roetinepadblokkade deur die verkeersowerhede voorgekeer waarna hy van sy voertuig gevlug het. Hy het in die rigting van die see gehardloop,” lui die verklaring.