Inwoners van Eldoradopark in Johannesburg het Donderdag met die polisie slaags geraak.
Hulle het die strate ingevaar en voor die polisiekantoor betoog oor hulle meen die polisie is korrup.
Die laaste strooi was ’n voorval Woensdagaand toe ’n seun (16) wat intellektueel gestremd is, glo deur ’n polisielid geskiet is. Hy is later in die hospitaal dood.