Met die kwik wat Saterdag in die Wes-Kaap tot 45 °C op plekke gestyg het, het inwoners óf na strande gestroom óf langs hul eie swembaddens probeer afkoel.
’n Inwoner van Kommetjie moes egter haar swembad vir ’n spul ander gaste prysgee wat die hitte ook net te veel gevind het.
Tania Stotesbury sê haar swembad is Saterdag deur so drie bobbejane oorgeneem. Sy sê daar was ’n trop van agt bobbejane op die erf, maar almal het nie geswem nie.