Twee en ’n half jaar gelede is die “vonnis” van veelvuldige sklerose oor Thys die Bosveldklong uitgespreek, maar Vrydagaand was hy oplaas terug agter die mikrofoon.
Dít, sê Thys Streicher (48), is danksy ’n egpaar op wie se troue hy 22 jaar gelede opgetree het en ’n dokter wat ’n gas op dié bruilof was.
“Hulle (die egpaar) wil nie hul name genoem hê nie, maar ek weet nie waar op moedverloor se vlakte ek nou sou getrek het as dit nie vir hulle was nie.”