Die goeie reën wat sedert Saterdag oor dele van die Boesmanland uitgesak het, het riviere en laagtes laat afkom – in talle gevalle die eerste keer in tien jaar.
“Ek werk nou al 11 jaar op hierdie plaas en dit is die eerste keer dat die rivier afkom,” het Andries Julie, bestuurder van die plaas Nabees van Toppies Nel, Sondag gesê.