’n Mens sou nie die swierige poumannetjie kon kwalik neem as hy slange wou vang ná sy beproewing Maandagoggend nie – en dit wás toe uiteindelik ’n slangvanger wat hom kom verlos het.
Sy angswekkende avontuur het omstreeks 05:20 in die omgewing van Malvern, Durban, begin waar hy na verneem word gesteel is.
Hy is onseremonieel in die kattebak van ’n wynrooi Toyota Etios geboender voordat die drie verdagtes hul weg gevind het na Umhlanga, waar hulle omstreeks 07:30 ’n wit Toyota Etios probeer steel het.