Die herehuis van Hendrik Gerryts in die hartjie van een van die gesogste woonbuurte in Somerset-Wes kom eersdaags onder die hamer.
Gerryts, hoof van die HGG Finansiële Groep, het in Maart sy eie lewe geneem en die Michael James-organisasie behartig die veiling nadat sy boedel gesekwestreer is.
Die dubbelverdiepinghuis in Jakarandastraat is in die gesogte woonbuurt Parel Vallei waar Gerryts saam met sy vrou, Karin, en hul drie kinders gewoon het.