Die stadsaal en kliniek in Christiana in Noordwes is Maandagaand in ’n brand verwoes.
Mpho Pilane, speaker van die Lekwa-Teemane- munisipaliteit (Christiana en Bloemhof), sê dié twee geboue het omstreeks 19:00 in ligte laaie gestaan.
“Die brandweer en nooddienste was blitsvinnig op die toneel maar kon nie die stadsaal of die aangrensende kliniek red nie. Die brand het uitgebreek ná beurtkrag ingestel is.