Die sanger Theuns Jordaan se grootwordhuis is Saterdagaand in puin gelê toe ’n brand uitgebreek het in sy pa, Willie (79), se slaapkamer.
Die Jordaans se plaas, Mooifontein, is tussen Venterstad en Bethulie, en grens aan die Gariepdam aan die Oos-Kaapse kant.