Die materiaal is vroeg vanjaar reeds gekoop en Tarina van Wyk sou self haar trourok vir haar groot dag aanmekaar stik.
Dis in dié rok waarin sy Saterdag langs die Orpen-dam in die Krugerwildtuin ewige trou aan lt.kol. Leroy Bruwer sou beloof.
Die rok is egter nooit gemaak nie en Van Wyk was in ’n blou kanttoppie en denim geklee toe sy haar verloofde se as oor die dam strooi.