Vir kapt. Joggie Zeuner, vlieënier van Safair, was dit Saterdag ’n hoogtepunt in sy loopbaan om met ’n Boeing 737 oor Ellispark te vlieg.
En dit het harde werk geverg om dié oomblik van 1995 se Wêreldbeker-finaal te herleef net voordat die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks in Johannesburg begin het.