Toe ’n vrou van Noordhoek ’n slang onder haar motor se enjin sien inseil, het sy nie ’n oomblik geskroom om dit aan die stert te gryp en eenkant te gooi nie.
Die vreeslose Cherylee Powell (60) sê die voorval het verlede Maandag gebeur toe sy en haar dogter, Morgan Krantz (27), by die Noordhoek-strand gaan stap het.
“Ek het nog nooit ’n slang opgetel nie, maar ek wou nie hê dit moes by my kar se enjin inseil nie,” het Powell Maandag aan Netwerk24 gesê.