Oudpres. Jacob Zuma het Vrydagaand die lint geknip om die opening te vier van die Zuma-restaurant in Umhlanga, KwaZulu-Natal.
Hoewel die restaurant dieselfde naam as die voormalige staatshoof het, was hy Vrydagaand bloot ’n gas, sê David Manal, ook bekend as Chef Raw en eienaar van die restaurant.
“Zuma-restaurant is internasionaal ’n bekende handelsmerk en daar is meer as 11 oor die wêreld heen. Ek besit die plaaslike regte op die handelsnaam. Zuma-restaurant is ’n kontemporêre samevoeging van Mediterreense en Asiatiese kos.