Die polisie in KwaZulu-Natal het ná die afgelope naweek se swaar reën drie lyke in die eThekwini-metro gevind.
Vincent Ngubane, hoof van rampbestuur in dié metro, het Maandagoggend aan die TV-nuuskanaal Newzroom Afrika gesê die lyke is in Inanda gevind.
“Die lyke is langs die rivier gevind. Dit is nie duidelik of almal weens die vloede dood is nie, maar die polisie ondersoek dit. Van die lyke het ’n skietwond gehad,” sê hy.