Die Wes-Kaapse regering het versoek dat die vlak 4-regulasies aangepas word sodat drank aanlyn gekoop en by verbruikers afgelewer kan word.
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou, het Woensdag in ’n verklaring gesê hy doen ’n beroep op die nasionale regering om toe te laat dat drank aanlyn verkoop en deur vervoer- of koerierdienste by verbruikers se blyplekke afgelewer kan word.
Volgens Meyer is dit ’n sinvolle manier om byeenkomste te voorkom, maar verkope te laat voortgaan.