Die Landbank het in ’n ondersoek bevind dat hy nie “boelietaktiek” gebruik het om boere wat nie hul lenings kan terugbetaal nie, van hul plase te verdryf nie.
Die bank het Woensdag dié bevinding bekend gemaak nadat hy die bewerings teen homself ondersoek het.
Die Landbank sê hy het kennis geneem van bewerings dat hy en sy regsverteenwoordigers by “ongrondwetlike grondbesettings” of “grondgrype” betrokke was en van onvanpaste gedrag wat die instansie se metodes van skuldinvordering betref.