’n Onderwyser aan die Hoërskool Nylstroom in Modimolle in Limpopo is geskors nadat hy leerlinge glo by ’n skoolsokkie die k-woord toegesnou het.
Die onderwyser is Donderdagoggend deur die beheerliggaam van die Hoërskool Nylstroom geskors.
’n Ontstelde groep mense wat deel is van die Congress of South African Students het Maandag by die skool betoog en die onderwyser se onmiddellike afdanking geëis.