’n Nasionale ramptoestand weens die grootskaalse skade van die oorstromings in KwaZulu-Natal, wat ook ander provinsies raak, is in die Staatskoerant gepubliseer.
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het die verklaring Maandag onderteken.
Sy sal om 11:30 ’n nuuskonferensie hou om dit uiteen te sit.