’n Liefdesdriehoek wat glo twee jaar gelede ontstaan het tussen ’n laerskoolonderwyseres van Kaapstad se noordelike voorstede en ’n ma van ’n leerling in die skool, het in die hof gedraai.
Die gr. 6-onderwyseres, wat ook een van die skool se sportafrigters is, het haar op 22 Maart vanjaar tot die hof gewend nadat die man van die vrou met wie sy ’n buite-egtelike verhouding gehad het, haar gedreig het.
Luidens hofstukke het dié sakeman onder meer die onderwyseres se voertuig by die skool met sy sleutels gekrap en skade van sowat R30 000 aangerig.