Die dansende Karoo-boer oor wie Lize Beekman sing, is Sondagnag oorlede.
Rendsel Badenhorst, Beekman se oom wat met sy dansende oë as inspirasie gedien het vir haar treffer “Ek het ’n boer sien dans”, is Maandag in die vroeë oggendure weens hartversaking in Bloemfontein dood.
Hy sou in November sy 80ste verjaardag gevier het.