Vyf lede van die Hoërskool Pretoria-Noord se eerste rugbyspan sit Vrydag grootoog en met breë glimlagte in die stadion op Loftus Versfeld om die Springbokke se kapteinsoefening voor hul groot wedstryd teen Wallis Saterdag te kyk. Van links is Bothma Oosthuizen, Jaundré Brink, Ruan Ball, Luchen Groenewalt en Marnus Maritz. By hulle is Nico Koch van MTN (regs) en Thomas Pieterse, afrigter. Foto: Deaan Vivier
Vyf spelers van die Hoërskool Pretoria-Noord se eerste rugbyspan was Vrydag die genooide gaste by die Springbokke se laaste oefening voordat die Bokke Saterdag op Loftus teen Wallis uitdraf.
Die skoolseuns het in hul skooluniforms en met hul swart pette met die nommers van hul rugbytruie op, met groot oë na die veld gesit en kyk. En elkeen het ’n gunsteling-rugbyspeler wat hy graag in aksie wou sien. Maar almal was dit eens dat Cheslin Kolbe, Pieter-Steph du Toit en Eben Etzebeth boaan die lys van spelers is wat hulle graag op dié veld wou sien.
Dié skool se rugbyspan was onlangs die wenner in die MTN-skolerugbybeker en gaan oor twee weke teen die Midstream College in die stadsbeker-eindstryd speel.
Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Ontsluit só ’n wêreld vol inligting – van nuus, sake, sport en raad tot resepte, reis en meer. Geskep en verpak deur Netwerk24, Rapport, Huisgenoot, Sarie, Weg! en Tuis.