Ithuba, wat die nasionale lotery bestuur, is op soek na twee gelukkige wenners wat Dinsdagaand ’n allemintige R150 miljoen in die PowerBall- en PowerBall Plus-boerpot losgeslaan het.
Charmaine Mabuza, bedryfshoof van Ithuba Holdings, wat die Lotto bedryf, sê die persoon wat die PowerBall-boerpot van R100 miljoen gewen het se kaartjie is in Margate, KwaZulu-Natal, gekoop.
Die ander wenner, wat R50 miljoen in die PowerBall Plus-boerpot gewen het, se kaartjie is in Groblersdal, Limpopo, gekoop.