Hierdie berig is aangepas nadat kommentaar van Louis Liebenberg ontvang is.
Eers het hy R2 miljoen verloor in Louis Liebenberg se skema, toe los sy vrou hom en daarna daag twee boewe by sy huis op en rand hom aan.
Adrian Fray, ’n sakeman wat al lank ’n vete teen Liebenberg voer, blameer die vermeende Ponzi-baas vir die aanval in die oprit van sy huis in ’n Kaapstadse voorstad.