Is die omstrede diamanthandelaar Louis Liebenberg se diamantpaleis besig om te tuimel?
Dit was Vrydagoggend die vraag op verskeie beleggers in Liebenberg se Forever Diamonds and Gold- en Tariomix-onderneming se lippe toe die e-beursie-stelsel waarin hulle geld kan deponeer sedert Donderdagmiddag nie meer toeganklik was nie en die onderneming se webtuiste, tariomix.co.za, Vrydagoggend ook buite werking was.
Ook Liebenberg se aanlyn koerant, Die Waarheid, was van lyn af, maar dit is teen Vrydagmiddag omstreeks 13:00 weer herstel.