Louis Liebenberg se skoonseun erken in ’n onthullende stem-opname dat sy skoonpa se sogenaamde diamantpakkies net ’n voorwendsel is om geld van beleggers in die hande te kry.
“Die pakkies is fake it until you make it,” sê Ernst van der Westhuizen, ’n geoktrooieerde rekenmeester, in die opname.
Hy maak verskeie erkennings, onder meer dat Liebenberg die geld van een belegger gebruik om ’n ander belegger uit te betaal – die klassieke definisie van ’n Ponzi-skema.