’n Donkie is ’n wonderlike ding, maar om ’n liedjie oor hom te skryf wat by oorle Chris Blignaut se beroemde treffer kers vashou, is nie maklik nie.
Toe Eseltjiesrus – ’n skuiling vir afgetrede donkies by McGregor in die Wes-Kaap – vir David Kramer vra om vir hulle ’n donkie-liedjie te skryf, was hy aanvanklik hande in die hare.
Dis nie vir hom maklik om liedjies op versoek te skryf nie, sê David.